Ons vir jou… Groen en Goud!

Die omslag sê dit als… Vyf van Afrikaans se musiek ‘groottes’, wat staan soos kampioene in die gesogte Groen en Goud, met ‘oorwinning’ wat brand in hul oë … Dit is presies wat die nuwe “Rugby is Groot” album simboliseer en by ‘n luisteraar sal opwek – ‘n gevoel van ‘nasie-trots’.

“Rugby is Groot”, bemark deur Coleske Artists, is hier met een doel, en dis om, deur musiek, Suid-Afrikaners te verenig en inspireer om bankvas agter ons Bokke en land te staan tydens die opkomende 2011 Rugby Wêreldbeker toernooi.

Die album is propvol lekker-luister, gehalte snitte, deur van ons top plaaslike kunstenaars, soos Robbie Wessels, Theuns Jordaan, Liani May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld om maar ‘n paar te noem.

Nie net vuur die album nasie-trots aan nie, maar ‘n keurspel van melodieë en interessante lirieke, uniek aan elke kunstenaar, sorg vir baie vermaak, ‘n bietjie nostalgie en sommer lekker lag en lekker saamsing ook!

Hierdie album is verseker ‘n moet vir hierdie opwindende tydperk. Kry jou kopie nou en wys jou ondersteuning vir die manne in die Groen en Goud!

QR CodeLuister gerus ook na snit nommer 6 op die album, “Daniel Carter se Toks (Amabok, Amabok)”, waar Robbie Wessels oor die Junk Mail sing. Ons is trots om met Robbie en hierdie puik album geassosieer te word, en om dit te vier, het ons ‘n opwindende kompetisie ‘afgeskop’ …

Wil jy ‘n kans staan om ‘n Apple iPad 2 en ‘n “Rugby is Groot” geskenkpak met Robbie Wessels memorabilië daarin, te wen? Kliek hier vir al die kompetisie details en hoe om in te skryf.

Om na “Daniel Carter se Toks (Amabok, Amabok)” op jou foon te luister, skandeer die QR-kode…

Lees gerus die volgende verwante artikels op die Junk Mail Blog:

Die artikel geniet? Deel dit gerus met vriende en familie.

Liezl Grobler

Digital Copy Editor, Blogger, SEO Writer and Online Marketing...

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published.

6 − 2 =